Die Weskus se eie ‘Carols by Candlelight’ met GASKUNSTENAAR AMIRA WILLIGHAGEN.
Sluit by ons aan vir hierdie gesinsvriendelike buiteluggeleentheid by die Saldanha Militêre Basis se sportgronde om die aand wat ons Verlosser gebore is, te vier.
– Bring jou kampstoel of komberse om op te sit.
– Koop jou aandete by die verskillende kosstalletjies by die geleentheid.
– Pak ‘n piekniekmandtjie om saam te bring.
Die geleentheid word deur die kinderbeskermingorganisasie, Badisa Weskus aangebied ten bate van mishandelde en verwaarlose kinders in die Vredenburg-, Saldanha-, Langebaan- en Velddrif- areas.
Kaartjies beskikbaar op www.weskustickets.co.za en kos R150 per volwassene en R75 per skoolgaande kind.