Team Members
ONS SPEEL WAT ONS WIL | WE PLAY WHAT WE WANT

Marius Smuts
WhatsApp +27766969190
en gesels saam
- 07h00 – Nuus
- 07h10 – Sport Nuus
- 07h25 – Traffic
- 07h30 – TracLine Weather
- 07h35 – Saamsing/Saam ry
- 07h50 – Traffic
- 08h00 – Nuus
- 08h30 – Sport with Johann Du Plooy
- 09h00 – Precision Diesel Kantoor Treffers

Quinten Pendle
ROTOTANK GROOT SLUKKE
12h00 to 16h00 (Mon to Fri)
Fast Forward your day
SONDAGAAND GROOT SLUKKE
19h00 to 21h00 (Sunday)
WhatsApp +27766969190
en gesels saam
Ek is ‘n musikant en klankingeneur; ek bedryf my eie volledig toegeruste ateljee van die huis af.
Ek werk ook gereeld as vryskut musikant vir ateljees reg oor Suid-Afrika.
Ek en Carin is geseën met die wonderlikste seun.
In my vrye tyd, (waarvan daar nie baie is nie), is ek mal oor treine, alles van treine, ek is ook lief vir krieket. Ek braai graag vleis en is lief vir goeie, doodgewone kos, veral pasta.
Ek is ‘n “chocolate” verslaafde en beplan nie om binnekort iets daaraan te doen nie.
Ek is beslis nie ‘n adrenalien junky nie.
Die sin van die lewe lê vir my daarin om saans met my gesin te sit en gesels, om die donderweer en reën te hoor, in lang, warm baddens, trein ry, die Kaap se berge, in winter, in donker sjokolade, in die arms van my vrou, op my knieë voor my Skepper.

Ricky Schultz
Sondae om 16H00-17H00 nm
met Golden Oldies Selection
WhatsApp +27766969190
en gesels saam
Gebore en getoë in die oud Suidwes. Na weermag het ek my in Kaapstad gaan vestig, waar ‘n besering-aan-werk my lewe 180° verander het. Soos die gesegde gaan, of dalk is dit Pieter Dirk Uys se woorde: “adapt or die” – daar het die rekenaar gogga my gebyt en dit voordat Windows op die mark gekom het.
Selfs ‘n program geskryf wat adresse op plakkers gedruk het. Die goeie dae van DOS.
My liefde vir musiek kom van my kinderjare af. 3 Susters wat ouer is as ek, veral my oudste suster wat 13 jaar ouer is. My ouers se liefde vir Duitse, klassieke en mars-musiek.
Natuurlik het destydse Springbok Radio Treffers parade ‘n groot indruk op my gemaak, só ook David Gresham as aanbieder. Met die musiek agtergrond is dit dus
geen wonder dat “Golden Oldies” my na aan die hart lê nie, asook Duitse musiek.
Behalwe radio programme hou ek my steeds besig met rekenaar herstelwerk, die
sagteware-kant alleen.

Anthony
Weekday Traffic Reporter

Anine Britz
OFFICE HOURS

Jacques Arendt
WhatsApp +27766969190
en gesels saam
Ek het groot geword in Klipplaat in die Oos Kaap. Dit is hier waar ek my liefde vir stoomtreine ontwikkel het. Ek het gematrikuleer aan die Hoërskool Jansenville.
Wanneer ek agter die mikrofoon inskuif, leef ek twee dinge gelyktydig uit. My passie vir radio en musiek en my liefde vir my taal.
Ek leef ook my liefde vir musiek uit deur op te tree as seremonie meester en platejoggie vir troues, korporatiewe funksies en danse. Ek tree ook gereeld op as seremonie meester by Suid-Afrika se grootste feeste en is die ambassadeur van die jaarlikse Kirkwood Wildsfees.
My slagspreuk “Vlieg Hoog Koningskind” is wat my positief hou in die lewe!

Ikeraam Daniels
SPOED NUUS
MonDAY to FriDAY