
Malmesbury Biblioteek bied aan hul laaste boekbekendstelling vir die jaar 2024. Helene Meissenheimer sal in gesprek wees met Johnny Davids, die gewilde TV-en sportaanbieder, oor sy outobiografie, Boytjie. Dit is die 5 November om 17:30 vir 18:00 by Malmesbury Biblioteek, Voortrekkerweg 42. Dit is R70 per persoon met verversings ingesluit. Moenie dit misloop nie!.