
Op 22 en 23 Augustus, net ná die Interskole-opwinding, sorg ons dat jy steeds die Rockie-energie beleef. Wat kan jy verwag? 22 Augustus: Frank Opperman met sy uitstekende vertoning, Reünie. Kaartjies:R180 per persoon. Die 23 Augustus: Toegang tot verskeie produksies in die kultuursentrum en skoolsaal. Kaartjies: R60 per volwassene, Rockie-leerders teen R40 en kinders onder 10 teen R20 per persoon. Kaartjies te koop by Hoërskool Swartland Skool-Finansieskantoor. Jy wil dit nie misloop nie, Sien jou daar!