
Wyn, musiek en dans – die resep vir ‘n perfekte langnaweek! Wynklub – lede en vriende, trek jou dansskoene aan en kom kuier in egte Weskus – styl saam met Wynand en Cheree by Blake Family Wines die 22st Maart! Hierdie aand beloof goeie wyn, groot gesels en ‘n dansvloer vol lekkerte. Dit is R125 per persoon. Vir besprekings kontak 022 451 2701/ WhatsApp 081 271 3033. Deure en kombuis open om 18:00, vertoning begin stiptelik om 19:00. Moenie uitmis nie – bespreek nou om teleurstelling te voorkom!!.