OUR TEAM

WEEKDAYS ONTBYT AVONTUUR / WEEKDAY ADVENTURE BREAKFAST
06h00 - 10h00
PRESENTER: MARIUS SMUTS (DJ KAPARIUS)
Marius is 'n Suid Afrikaanse Radio Omroeper, stem kunstenaar en bekend op radio in die Weskaap. Hy het in 1992 begin met opleiding by Radio Kontrei by die destydse SAUK. Onder leiding van Mervin Gers het hy 'n diploma kursus voltooi by "The Maas Philips College for Speech & Drama. Marius het in 1993 die laat aand program op Saterdag en Sondag oorgeneem by akteur Bart Fouche. Ons ken hom ook vir sy ontbyt program by Radio Helderberg saam met kollega Johann Myburgh en later jare by Bok radio. In 2012 doen hy aansoek by Icasa om 'n uitsaai lisensie vir die Swartland te bekom. Ons leer ken hom in persoon sedert 01 September 2015 op PERRONFM 95.1
PRECISION DIESEL KANTOOR TREFFERS / OFFICE HITS
09h00-10h00
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

WEEKDAYS - MUSIEK BROUERY / MUSIC BREWERY
10h00-13h00
PRESENTER: FANIE LOTRIET
Gebore in Durban in die sestigs, uit die aard van my Pa se beroep het ons baie rondgetrek en was bevoorreg om by ‘n paar plekke in S.A. te bly. Begin my radio loopbaan in 1998 by die destydse Oos-Rand Sterio, daarna by Horison Sterio en laastens Punt Gesels Radio. Radio “draadloos” soos my ouers dit genoem het, het van die begin af my aandag getrek. Ek kan inskakel en op ‘n verbeeldingsreis gaan. Ek kan ‘n prentjie begin inkleur soos die verskillende gesprekke en musiek my meevoer, en soms voel dit of ek ‘n volmaakte skildery skilder – wat so perfek is! Ek bedryf ‘n Bemarkingsagentskap en kontrakteur vir verskeie maatskappye. My eerste liefde bly egter radio want dit is ‘n kragtige medium wat met verantwoordelikheid hanteer moet word. Vir baie luisteraars is dit die enigste geselskap wat hulle het.
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

WEEKDAYS - MIDDAG VIBES
13h00-14h00
PRESENTER: QUINTEN PENDLE
"Ek is ‘n musikant en klankingeneur; ek bedryf my eie volledig toegeruste ateljee van die huis af.
Ek werk ook gereeld as vryskut musikant vir ateljees reg oor Suid-Afrika.
Ek en Carin is geseën met die wonderlikste seun.
In my vrye tyd, (waarvan daar nie baie is nie), is ek mal oor treine, alles van treine, ek is ook lief vir krieket. Ek braai graag vleis en is lief vir goeie, doodgewone kos, veral pasta.
Ek is ‘n “chocolate” verslaafde en beplan nie om binnekort iets daaraan te doen nie.
Ek is beslis nie ‘n adrenalien junky nie.
Die sin van die lewe lê vir my daarin om saans met my gesin te sit en gesels, om die donderweer en reën te hoor, in lang, warm baddens, trein ry, die Kaap se berge, in winter, in donker sjokolade, in die arms van my vrou, op my knieë voor my Skepper."
Quinten is ook musiek onderwyser by die Pionier skool in Worcester. Hier bestuur hy die PERRONFM Radio Akedemie.
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

DIE LANG PAD HUISTOE
14h00-18h00
PRESENTER: SAM ROY
Sam began his career at Audwax Music Radio (A University of Durban-Westville Auditory eXperience) in 1982.
Sam has spent time at a variety of radio stations over the years, including, Good Hope FM, KFM and Heart 104.9 FM, before joining Smile 90.4FM as a Presenter in 2013 where he stayed till 2023.
Whilst at Smile FM, he hosted the very successful All 80’s Show. Which is why you can be assured that, with Sam as host of the PERRONFM 80’s JUKEBOX, you are in good hands.
In his spare time, Sam manages music playlists for retail environments, MC’s and DJ’s in both the Corporate, Club, Wedding Industry. And, being an avid sports fan, he also works as DJ/PA Announcer at cricket stadia throughout the country, at domestic and all the Proteas international games in SA.
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

MONDAY to THURSDAY - DROOM NAGTE / DREAM NIGHTS
20h00-06h00
MUSIEK/MUSIC
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

FRIDAY NIGHT - THE FRIDAY BEAT FACTORY
19h00-22h00
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

SATURDAY - ONTBYT AVONTUUR / SATURDAY ADVENTURE BREAKFAST
06h00-09h00
MUSIEK / MUSIC
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

SATURDAY - EK KEN... 'N OU OU LIEDJIE
09h00-12h00
PRESENTER: ANNA SOMER
GOUE OUES MUSIEK GOUE OUES MUSIEK - SATERDAG IS TYD VIR ALLES BEKEND
Anna Somer is in 1969 gebore as Anna Sophia Pretorius en het grootgeword in ’n huis waar musiek nog altyd deel van die familie se hart was. Of dit nou om n ou orrel of in ons sitkamer voor die koolstofie was.My pa,gebore in 1920, was reeds 50 toe ek gebore is, terwyl my ma gebore in 1942 net 28 was – en so het ek Anna die voorreg gehad om groot te word met die musiek van die 50’s, 60’s en 70’s, voordat ek self ’n tiener van die onvergeetlike 80’s geword het.
Musiek was van kleins af deel van my lewe. My pa kon sewe instrumente bespeel, en die hele gesin kon saam sing – mooi in harmonie, dikwels met Pa se mondfluitjie wat die wysie begelei het.Ek het van jongs af in die kerk, skoolkoor en sangkompetisies gesing. Ek was ook daardie kind wat ure voor die spieël kon staan en sing, asof ek reeds op die radio of groot verhoog was. Ek het liedjies op ’n bandspeler opgeneem en my eie stem teruggeluister – want diep binne-in my het ek nog altyd geweet: eendag wil ek ’n omroeper wees.
Een van my groot inspirasies was die laatnag-DJ’s op 5FM. Ek kon ure lank luister na die stemme, musiek en stories wat deur die nag uitgesaai is, en droom dat ek eendag self agter ’n mikrofoon sou sit.
Vandag leef daardie droom voort as Anna Somer – ’n vrou met ’n liefde vir musiek,sing, herinneringe en mense. Vir my is radio nie net musiek speel nie; dit is my passie en bediening vir mense en liefde vir musiek, om herinneringe wakker te maak, stories te deel en mense vir ’n paar oomblikke saam te neem op ’n reis deur die musiek van hul lewe.
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

SATURDAY - Karoo Reggae
15h00-15h15
KAROO REGGAE VERWYS NA TRADISIONELE BOEREMUSIEK SOOS GENIET OP DIE DANSVLOER SOOS IN DIE DAE VAN DIE OU ROYAL HOTEL
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

SATURDAY - Radio DJ
15h15-18h00
MUSIEK / MUSIC
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

SATURDAY - 80's POP ROCK JUKEBOX JAMS
18h00-22h00
COOL 80's POP ROCK JAMS
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

SATERDAG AAND DROOMNAGTE /SATURDAY DREAM NIGHTS
22h00-06h00
Deurnag Musiek - All Night Radio
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

SONDAG ONTBYT AVONTUUR / SUNDAY ADVENTURE BREAKFAST
06h00-10h00
Mellow Moods
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

SUNDAY - YESTERDAYS HERO
10h00-13h00
PRESENTER: RADIO DJ
GOUE OUES MUSIEK GOUE OUES MUSIEK -
”.
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

SUNDAY - DIE MUSIEK SAL JOU VIND / THE MUSIC WILL FIND YOU
13h00-17h00
TELL YOUR FRIENDS TO GIVE IT A LISTEN - WE DO THE REST!!
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

SUNDAY GOLDEN OLDIES SELECTION
16h00-17h00
PRESENTER: RICKY SCHULTZE
ENJOY A LONG JOURNEY ALONG MEMORY LANE. THEATRE OF THE MIND - ENJOY THE RIDE
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

SUNDAY - MELLOW MOODS
17h00-19h00
PRESENTER: EBEN VON WALTSLEBEN
.
WhatsApp +27766969190 en gesels saam

KANTOOR ADMIN
(MONDAY-FRIDAY)
CHRISTENE
IS ONS HOOF DAME IN DIE KANTOOR.
WhatsApp +27766969190 en gesels saam