Van Waterblommetjies tot Boy van die Suburbs — Anton Goosen se musiek en lirieke is deel van die klankbaan van ons lewens. 
Hierdie Saterdag gesels Anna Somer met die legendariese Liedjieboer oor sy merkwaardige musiekreis, die stories agter sy liedjies en die mense en herinneringe wat sy musiek geïnspireer het.
‘n Gesprek vol musiek, nostalgie en stories wat die moeite werd is om te hoor!
PerronFM 95.1 — Ons speel wat ons wil! 