Maak gereed vir ‘n toweragtige aand vol kleur en avontuur met Kallie en die Kleurkristalle! Die magie kom na Laerskool Hugo Rust in Wellington op 14 en 15 Oktober om 19:00. Almal is welkom om hierdie ongelooflike storie te kom beleef. Kaartjies is slegs R120 elk en is beskikbaar aanlyn by hugorust.wetickets.co.za . Moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie – kry jou kaartjies vandag nog!