Die Oesland Basaar is terug!
Saterdag 19 September by die Swartland Moedergemeente in Malmesbury.
Kom geniet die 5 km-kleurloop, Oesland-ontbyt, kinderpret, potjiekoskompetisie, uitstallers en hope heerlike basaarkos — van pannekoek en tuisgebak tot braaivleis, jaffels en basaarpoeding!
En sluit die dag af met die Mandjiedans in die stadsaal.
Oesland Basaar — meer as ’n basaar, dis ’n gemeenskap wat hande vat tot Sy eer.
Besoek die Perronfm Avontuur kalender vir meer.