Het jy al jou plek bespreek vir Dinsdag 17 Maart? Dis meer as net ‘n netwerkgeleentheid. Kom bou verhoudings, kry kennis en advies (‘n belegging in jou besigheid en toekoms) en verander jou Dinsdag-oggend roetine – “a change is as good as a holiday”. Spreker: Franco Coetsee van Risiko & Beleggings Spesialiste gaan met ons kom gesels oor verskillende aspekte rakende Besigheidsversekering, en wat jy in plek kan sit vir jou klein/medium besigheid se voortbestaan. 17 Maart 2026 | 07:45 Nuweplaas Padstal, Riebeeksrivier Pad, R46 Malmesbury (Nuweplaas Padstal is net 12min buite Malmesbury). RSVP teen 11 Maart 2026 & maak jou EFT om jou plek te verseker! Vir besprekings kontak Ohna Nel – 076 482 2531.