Maak reg vir ‘n groot dag met hart! Op Sondag 1 Maart vertrek die Wild Buggers Beach Buggy Club op ‘n liefdadigheidsrit na Badisa Goue Aar Tehuis in Malmesbury – waar 72 bejaardes ‘n dringende tekort aan kos en basiese voorraad het. Bring jou skenkings van kos, toiletware of beddegoed na Groot Phesantekraal View in Durbanville om 09:30. Kom ons vul daai “boots” en maak ‘n verskil. Besoek ons avontuur kalender op perronfm.co.za & wildbuggers.co.za vir meer besonderhede.