
Van soetgoed tot sappige braaivleis, outydse jaffels tot yskoue bier – daar is iets vir almal by die NG Kerk Riebeek Kasteel Lentefees & Basaar, die 30ste Augustus. Begin die dag reg met ons 5km Fun Run. Ervaar asemrowende natuurskoon, warm gasvryheid en ‘n onvergeetlike dag in die buitelug – bring sommer die hele gesin saam! Daarna kan jy heerlik gaan rondkuier in die groot marktent vol smullekker eetgoed en plaaslike bederfies. Dis ‘n dag wat jy nie wil mis nie! Moenie dit misloop nie — registreer nou: http://bit.ly/4efOyLo