30Mar2021
18Apr2021

Die Koelkamers, Waterfront, Paternoster, Weskus

DIE KOELKAMERS OP PATERNOSTER SE WATERFRONT OPEN MET ’N UITSTALLING VAN PLAASLIKE KUNSTENAARS, LIDI DE WAAL, WILKO ROON EN URO ERICHSEN. VANAF 12 MAART TOT 18 APRIL 2021. KOM ONDERSTEUN GERUS! R2 van elke kaartjie sal gaan aan die Teaterbystandsfonds. Kontak: Jan Malan – Die Koelkamers BY Tel: 0825540775. Streng COVID-19 regulasies word toegepas.

From 17:00 12 MAART 2021 until 10:30 18 APRIL

At Die Koelkamers, Waterfront, Paternoster, Weskus

Die Koelkamers, Waterfront, Paternoster, Weskus

R160 tot R400 P.P. Die Koelkamers is ’n veeldoelige ruimte vir talle kreatiewe aktiwiteite: ’n gemeenskapsentrum vir die uitvoerende kunste en ’n tuiste vir beeldende kunste, fotografie, opnames en lewende musiek. Dit kan ook vir konferensies, aanlynstroming, uitstallings en troues omskep word.

Kontak: Jan Malan – Die Koelkamers Tel: 0825540775 / janmalan@janmalan.com


Uro Erichsen – Aardlava Kuslangs
“Ek skilder nie mooi, perfekte prentjies nie.”
Uro Erichsen is ’n internasionale kontemporêre kunstenaar, woonagtig in die klein kus- en
kunsdorpie van Paternoster aan die Weskus van Suid-Afrika. Hy het internasionale
bekendheid verwerf met sy solo-aanbiedings in Italië, België en die VSA.
Erichsen beeld “mense, plekke, vreugde en pyn” met ”onapologetiese rouheid” in akriel- en
olieverfskilderye uit. Hy kry inspirasie uit aardlae en die menslik psige.


Lidi de Waal – Nou in 21 terug na 80, 81 …
Lidi de Waal is ’n skrywer en skilder. Sy skryf oor die lewe, die liefde, herinneringe aan haar
grootwordjare op ’n plaas buite Fraserburg in die Groot-Karoo. Haar inspirasie vind sy in die
klein dingetjies van die lewe, ’n veer op die strand, haar kat se oë en haar kinders se geluk.
Sy is ook die skrywer van die bekende Bêreboksie vol vlerke, ’n verhoogstuk met Elize
Cawood en Lizanne Barnard. Sy skilder die laaste ses jaar heeltyds.


Wilko Roon – Portret Skilderye
Wilko Roon is ’n bekroonde kunstenaar wat op Paternoster aan die Weskus van Suid-Afrika
woon. Sy werk word in Suid-Afrika sowel as in Europa verkoop. Hy is veral bekend vir sy
vreugdevolle uitbeeldings van kinders en landskappe. Hy eksperimenteer met realisme,
Impressionisme en abstrakte style. Wilko, wat as 15-jarige ’n breinbesering opgedoen het, is
’n inspirasie vir ander danksy sy mensliewendheid en sy liefde vir sy Skepper. Die mense van
Paternoster, en veral die kinders, word weerspieël in sy eiesoortige styl en gebruik van
kleure.