27Mar2021

Paarl Taal Monument, Paarl, Suid Afrika

Nóg ʼn Volmaanpiekniek op die horison; gratis vir onder-18’s Vergeet ʼn bietjie van die jaar en bekyk die volmaan van nader op ʼn heerlike somersaand op die beeldskone #Paarlberg waar die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se vriendelike personeel almal hartlik uitnooi om vanjaar se laaste Volmaanpiekniek op Saterdag, 27 Maart2022, met hulle te vier. Gaste is welkom om hul eie #piekniekmandjies (geen glas) te bring of een vooraf by die OppieBerg Café op 060 382 9938 (R250 per paartjie, R450 per gesin van vier) te bestel – hulle sal ook spys en drank op die aand verskaf. Onthou ook warm klere en ʼn flits, asook ʼn masker. Sien www.taalmuseum.co.za/covid-19/ vir die spesifieke protokolle. Toegang is R40 per volwassene, R10 vir SA studente en pensionarisse en gratis vir almal onder 18 jaar. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of die hek, en geen besprekings is nodig nie. skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za

From 17:00 until 22:00

At Paarl Taal Monument, Paarl, Suid Afrika

Paarl Taal Monument, Paarl, Suid Afrika

Toegang is R40 per volwassene, R10 vir SA studente en pensionarisse en gratis vir almal onder 18 jaar. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of die hek

Paarl Taal Monument / skakel 021 872 3441/863 0543

Dié #pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én toeriste, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou en die monument, ʼn simboolgelaaide beeldhouwerk sonder weerga, besigtig. Besoekers word ook aangemoedig om die omgewing te verken en daar is buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders.