14Mar2020

Taalmonument, Paarl, South Africa

Danksy die geliefde koorfeeste van die afgelope twee jare, vind die derde Taalmonument Koorfees op Saterdag, 14 Maart 2020, plaas waartydens kore hul beste note gaan voorsit as deel van die monument se 45ste verjaardagvieringe. Die Taalmonument Koorfees word in die Amfiteater op Paarlberg aangebied, en spys- en drankstalletjies sal beskikbaar wees. Hekke open om 17:00 en die koorsang begin om 18:30. Kaartjies (R120 vir volwassenes, R60 vir kinders onder 12) kan by Computicket of die Amfiteater se hek gekoop word. Besoekers word versoek om warm kleding te bring. Geen vure, honde, eie kos of drank toegelaat nie. Toegang word beheer en voldoende parkering is beskikbaar. Vir verdere inligting oor die koorfees, skakel 083 621 8483 of stuur ʼn e-pos aan tmkoorfees@gmail.com. Vir meer inligting skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook.

From 17:00 until 21:00

At Taalmonument, Paarl, South Africa

Taalmonument, Paarl, South Africa

R60 - R120 P.P.

083 6218483 / tmkoorfees@gmail.com