13Aug2021

Since June 2016 you need to have a valid API key enabled to display Google maps, see plugin settings

Dowwe Dolla het beplan om einde 2020 haar stiletto’s op te hang en haar lollie op Gumtree te verkoop, maar antie Corona en haar niggie Nkosozana het haar koebaai-waai effe vertraag, maar Dolla sê: vang my nou op stage of nooit! Vrydag 13 Augustus om 19H30 by Die Koelkamers in Paternoster. Kaartjies @ R180 pp. Geen onder 16 jaar, aangesien Ouma Dowe Dolla nie ‘n wag voor die mond het nie. Vir meer inligting kontak Jan Malan 082 554 0775 / www.diekoelkamers.com.

From 19h30

At Die Koelkamers, Paternoster, Western Cape

Die Koelkamers, Paternoster, Western Cape

R180 PP

Jan Malan / 082 554 0775

Dowwedolla: Nou of Nooit.

“Wokeness” staan sterk en kunstenaars is sonder werk, Cyril se paddas is in die pot en Ace is besig om te plot.   Eskom se volgende reddingspakket is n hamper met Blitz & Charcoal, Woolies verkoop nou ratel-vriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir n lang kuier, …wat alles beteken Suid Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, dis nou of nooit!

Dowwe Dolla het beplan om einde 2020 haar stiletto’s op te hang en haar lollie op Gumtree te verkoop, maar antie Corona en haar niggie Nkosozana het haar koebaai-waai effe vertraag, maar Dolla sê: vang my nou op stage of nooit!

Met Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall (op klavier)

Teks en regie: Jurgen Human

Geen onder 16 jaar, aangesien Ouma Dowe Dolla nie ‘n wag voor die mond het nie.