27Nov2020
29Nov2020

14 Burger straat, Wellington, Suid Afrika

DIE DIGTER, VERTALER EN SKRYWER DANIEL HUGO WORD GEHULDIG vanaf 27 tot 29 November 2020 in die Tuin van Digters by die Breytenbach Sentrum in Wellington. Die Breytenbach Sentrum is die tuiste van die Afrikaanse digkuns. NB-Uitgewers/Publishers is medeborg by die geleentheid.

From 19:00 until 22:00

At Breytenbach Sentrum, 14 Burger straat, Wellington, Suid Afrika

14 Burger straat, Wellington, Suid Afrika

Kostes sal nog gepubliseer word

Breytenbach Sentrum www.breytenbachsentrum.co.za. / 021 873 2786

Die huldiging van Daniel Hugo sal Vrydagaand 27 November plaasvind net na die opening van die feesuitstalling. Digters wat al gehuldig is, sluit in Breyten Breytenbach, Adam Small, Wilma Stockenström en TT Cloete.Hugo, wat in Prins Albert in die Karoo woon en ’n doktorsgraad met die titel Die digter en sy middele: ’n Ondersoek na die vernufpoësie in Afrikaans in 1989 verwerf het, het 20 digbundels op sy kerfstok. Die eerste een, Saad uit die septer, het in 1989 by PJ de Villiers verskyn en die mees onlangse een, Openbare domein, in 2018 by Naledi. Hugo is ook die samesteller van 12 bloemlesings terwyl hy reeds 59 publikasies uit Nederlands in Afrikaans en 15 uit Engels in Afrikaans vertaal het.

 

Breyten Breytenbach het as skoolkind saam met sy ouers in die gebou, wat vandag die Breytenbach Kultuursentrum is, gewoon.