Velddrif: AHi Wes Kaap Kongres

05Sep2019
06Sep2019

Riviera Hotel, Laaiplek, Velddrif,Wes Kaap

Die jaarlikse AHi jaarkongres vanaf 5 tot 6 September 2019 in Velddrif by Riviera Hotel, waartydens die noodsaaklikheid om die informele sektor as ’n integrale deel van die ekonomie te erken, beklemtoon sal word. DON 5 SEPT CHRISTO VAN DER RHEEDE GALA-AAND EN PRYSUITDELING VIR DIE SAKEKAMER VAN DIE JAAR, OPKOMENDE SAKEKAMER VAN DIE JAAR, KLEINSAKE-ENTREPRENEUR VAN DIE JAAR EN KLEINSAKE-BEGINNER-ENTREPRENEUR VAN DIE JAAR. Dié onderwerp sal deur Prof. Frederick Fourie, een van die gassprekers, bespreek word. Die noodsaaklikheid om die informele sektor as ’n integrale deel van die ekonomie te erken, sal vanjaar tydens die AHi Wes-Kaap se jaarkongres deur Prof. Frederick Fourie bespreek word. Dié jaarkongres vind eerskomende Vrydag, 6 September op Velddrif plaas terwyl ’n gala-aand, wat ook ’n prysuitdeling om entrepeneurs te vereer insluit, op Donderdag 5 September plaasvind. “Die informele sektor word telkemale oorgesien ten spyte van die feit dat dit ’n bestaan, werk en inkomste vir ongeveer 2,5 miljoen werkers en sake-eienaars bied,” skryf Fourie in sy boek, The South African Informal Sector: Creating jobs, reducing poverty. In elke dorp speel die informele sektor ’n ekonomiese rol en die bestuur van dié dinamika sal deur Fourie onder die vergrootglas geplaas word. Navorsing, deur Fourie, toon dat een uit elke ses persone wat werk, in die informele sektor werksaam is.

From Vrydag aand 19H30 tot 22:00 until Saterdag 08h30 tot 15H00

At Riviera Hotel, Laaiplek, Velddrif,Wes Kaap

Riviera Hotel, Laaiplek, Velddrif,Wes Kaap

R555 P.P. Twee dae ingesluit

info@ahiwc.com / +27 (0) 44 873 5240

Comments are closed.