Paarl Dans van die Vlamme by die Paarl Taalmonument

28Dec2019

Afrikaanse Taalmonument, Paarl, Scenic Cape Route 62, Paarl, Suider South Africa,

ʼn Nag van vlamme, vuur en natuur is die lig aan die einde van die jaar tonnel op 28 Desember 2019 by die Paarl Afrikaanse Taalmonument vanaf 17h00 tot 23h00. Die Psychedelic Theatre tree op. Voeg daarby heerlike somerweer en lekker pieknieks op die sagte gras van die Tuinteater, dan is dit heeltemal te verstane waarom die ‘Dans van die Vlamme’-vertoning, hul elfde by die monument, ʼn hoogtepunt op die kalender is. Kaartjies is vir volwassenes R100 p.p. Kinders onder 13 - R50 p.p. Kaartjies te koop by Computicket of by die hekke.

From 17:00 until 23:00

At Afrikaanse Taalmonument, Paarl, Scenic Cape Route 62,Suider-Paarl, South Africa,

Afrikaanse Taalmonument, Paarl, Scenic Cape Route 62, Paarl, Suider South Africa,

Adults R100 p.p. Children under 13 - R50 p.p. Students and pensioners R80 at Computicket

Algemene navrae I General enquiries: Tel +27 (0)21 863 4809/0542/0543 / admin@taalmuseum.co.za

Die Psychedelic Theatre bied vertonings aan wat die stoutse verwagtinge oortref deur dit ver verby alledaagse menslike ervaringe te waag. Sensoriese stimuli word omgeswaai, binnestebuite gedraai en uitgespat oor wat 'n verleidelike opvoeringsdoek word. Visuele uitstallings wissel van vuur, fisieke teater, mimiek en dans tot interaktiewe en ligvertonings, op die maat van oorspronklike musiek.

Comments are closed.