Paarl: Afrikaanse Taal Slyp KURSUS

05Sep2019

Paarl Taalmonument, Paarl, Suid Afrika

Kom-slyp-jou-Afrikaans-werkswinkel op Donderdag 5 September 2019 by die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg. Dié werkswinkel, aangebied deur die talentvolle taalkenners Jana Luther van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en Fred Pheiffer van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), is gemik op die algemene publiek en taalpraktisyns. Dit sal fokus op taalverwikkelinge soos opgeneem in die jongste Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS), asook algemene goeie praktyke, taalversorging, leestekengebruik en skryfwyses (vas of los; koppel- en deeltekens; hoof- of kleinletters), en so meer. Gereelde foute, soos woorde wat verkeerd gebruik of gespel word, sal behandel word en deelnemers kan ook vrae oor hulle eie taalprobleme vra. Die werkswinkel kos slegs R250 per persoon en vind van 09:00 tot 13:00 in die konferensiesaal van die Besoekersentrum plaas. Ingesluit is koffie/tee/soetgoed asook ʼn gratis begeleide toer van die ikoniese monument. Vir besonderhede en besprekings, kontak Jeffrey Pietersen by 021 872 3441 of stuur ʼn e-pos na bemarking2@taalmuseum.co.za. Sien meer oor VivA by www.viva-afrikaans.org en meer oor die WAT by www.wat.co.za.

From 09:00 until 13:00

At Paarl Taalmonument, Paarl, Suid Afrika

Paarl Taalmonument, Paarl, Suid Afrika

R250 Sluit ligte verversings in, en museum toer

Paarl Taalmonument bemarking2@taalmuseum.co.za / Jeffrey Pietersen by 021 872

Comments are closed.