Malmesbury: INTERSKOLE Hoërskool Swartland vs Hugenote Hoërskool (Tuis)

17Aug2019

Hoërskool Swartland  SPORTGRONDE, Barokka straat, MALMESBURY

INTERSKOLE GEES LOOP HOOG! DIE ROCKIES TEEN DIE BLACKIES! Hoërskool Swartland van Malmesbury se Rugby, en Netbal spanne ding mee teen Hoërskool Hugenote op Saterdag 17 Augustus 2019. Dit vind plaas op Hoërskool Swartland se tuisgronde in Barokka straat, oorkant die Voortrekker perseel. 'n Kafee met heerlike eetgoed beskikbaar.Kom besoek ons gerus vir goeie skole sport! Al ons leerders, ouers en familie en vriende is welkom!Kom ondersteun die Rocky's!!

From 08:00 until 18:00

At Hoërskool Swartland SPORTGRONDE, Barokka straat, MALMESBURY

Hoërskool Swartland SPORTGRONDE, Barokka straat, MALMESBURY

HEKGELDE

swartlandsport@gmail.com / (022) 482 1469 HSS

Hoërskool Swartland is ‘n trotse skool met ‘n roemryke verlede. Ons is ‘n openbare skool wat daarna streef om uitmuntende onderrig en opvoeding aan sy leerders te bied. Ons streef daarna om ons leerders voor te berei vir die volwasse lewe deur te Werk en Wen.

Die klassieke uitspraak van baron Van Imhoff in 1743, naamlik, dat hy diep geskok en besorg is oor die “grote sorgeloosheid en onwetendheid” van die Swartland se bevolking, was die groot dryfveer agter die groei en ontwikkeling van die onderwys hier. Die ontwikkelingsgang deur al die jare was indrukwekkend en was, en is nog steeds, om die ‘”onwetendheid” te beveg, deur beter skool- en onderwysgeriewe daar te stel. ‘n Hoogtepunt was die eerste skooltjie, ‘n kerkskooltjie, wat in 1745 in Malmesbury geopen is.

Hoërskool Swartland het nege rugbyspanne wat bestaan uit twee 0/14, twee 0/15, twee 0/16 en drie 0/19 spanne.

Die skool beskik oor drie rugbyvelde met elkeen sy eie naam, naamlik die Tiekiesveld, die Takkeveld en die Rockies-stadion.

Ons ding jaarliks teen die volgende skole mee: Dirkie Uys, Schoonspruit Sekondêr, Wesbank Sekondêr, Vishoek, Worcester Gimnasium, Vredenburg, Charlie Hofmeyr, Stellenberg, Strand, Jan van Riebeeck, De Kuilen, Durbanville, HTS Drostdy en Hugenote. Die hoogtepunt van die jaar se wedstryde is die Interskole kragmeting met Hugenote.

Gedurende Juniemaand word daar ‘n toernooi op ons rugbyvelde aangebied.

Verskeie toerspanne van oorsee, sowel as die binneland, besoek ons ook gedurende die seisoen.

Comments are closed.