DARLING: Kinder PERDERUITERS van Yzerfontein en Darling Fondsinsameling

13Aug2019
06Sep2019

Cafe Mosaic, Hoofstraat, Darling

Ondersteun gerus hierdie inisiatief! Kinders vanuit Darling en Yzerfontein omgewing is gekies om die Westelike Provinsie te verteenwoordig by die Western Mounted Games in Parys Suid Afrika. Hul vaardighede gaan nou vertoon word! Dit is kinders wat werk vir perdry lesse of dit nou kamp heinings en pale heelmaak, of skoonmaak, of perde versorg en ruitermiddels skoonmaak. Geen taak te groot vir hul nie, want hul passie is perdry. Hierdie perde is ook perde wat gerehabiliteer en gered word uit slegte omstandighede. Hierdie kinders het empatie met perde en 'n liefde vir perdry en n droom om sukses te behaal. Help die kinders hul droom bereik. Koop 'n looitjie asb. Die trekking vind plaas op 6 September 2019 by Cafe Mosaic in Darling om 10h00. Skakel Lana de Villiers by 073 590 4357, die afrigter. Daar word gepoog om nog R35 000 verder vir die deelname en uitgawes in te samel. Looitjies is R10 elk en daar is heerlike pryse om te wen. Kaartjies te bekom by Ami sel. nr 078 452832.

From 10:00 until 13:00

At Cafe Mosaic, Hoofstraat, Darling

Cafe Mosaic, Hoofstraat, Darling

Kaartjies teen R10 P.P.

Lana de Villiers 073 590 4357 / Ami 078 452832

Comments are closed.