ARENDT WEER SAMA EN GHOEMA BEOORDELAAR 

Die bekende omroeper van Perron FM, Jacques Arendt, is pas aangestel om as beoordelaar vir die South African Music Awards (SAMA) en Afrikaanse Ghoema musiek-toekennings op te tree. Dit is die agtste keer dat Arendt die eer as SAMA-beoordelaar te beurt val en die derde keer as Ghoema-beoordelaar. Hierdie benoeming as beoordelaar dui op die gewig wat verleen word aan sy rol en bydrae in die musiekbedryf onder andere deur sy betrokkenheid by radio op gemeenskapsvlak en meer onlangs ook op streek- en nasionale vlak.

Die spesifieke kategorie waar Jacques sy beoordelingsvermoë gaan inspan by die SAMA is die Beste Kontemporere Musiek Album. “Beoordelings van uitdunrondtes word aanvanklik aanlyn via die internet gedoen,” sê Jacques. “Ek is baie opgewonde oor hierdie eer wat my veral as Oos-Kaapenaar te beurt geval het en glo dat die Oos-Kaap se rol in die musiekindustrie, hierdeur onderstreep word.” Jacques Arendt was ook in 2005 deur die ATKV vereer met ‘n AFRIKOON-toekenning vir sy bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaanse musiek. Hy het gedurende Desember 2017 die program Middernag Serenade vir ‘n week lank op RSG aangebied.

Die jaarlikse SAMA en Ghoema toekennings is die hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse musiekkalender.

Arendt beoordeel die volgende kategorieë by die Ghoemas:
Beste Pop‐album deur ‘n Manlike Kunstenaar
Beste Kontemporêre-album deur ‘n Vroulike Kunstenaar
Beste Alternatiewe album
Beste Musiekvideo

Luister elke weeksdag na Jacques Arendt op die ontbytprogram van 07:00 tot 10:00

Comments are closed.